Circle City Info

4 SA Hawens Onder Die Slegste Vyf Wêreldwyd in Wêreldbank Verslag, maar ANC se Transnet Soek Skuld Elders!

Die sukkelende hawe van Durban is aangewys as een van die drie slegste vragterminale uit 351 bekwame hawens ter wêreld

Die sukkelende hawe van Durban is aangewys as een van die drie slegste vragterminale uit 351 bekwame hawens ter wêreld, in ‘n verslag van die Wêreldbank, wat ook wys dat Ngqura, Port Elizabeth en Kaapstad ook nie veel beter vaar nie.

In kategorieë waarin administratiewe prosesse beoordeel word, sowel as die Statistiek afdeling – waar daar na Infrastruktuur- en Bedryfsvereistes gekyk word, eindig Durban laaste uit 351 ander hawens vir albei, met Ngqura, Port Elizabeth en Kaapstad wat net so sleg vaar, en onder die slegste vyf in beide kategorieë ook val!

Natuurlik is dit mos iemand anders se fout, so Transnet, die parastatale moedermaatskappy van Transnet Port Terminals, het geantwoord deur te sê dat hy met die Wêreldbank in gesprek sal tree oor die ontleding van hierdie verslag, sowel as die kriteria wat gebruik is tydens die beoordeling wat sulke rampspoedige resultate uitgebring het.

Volgens die verslag het die Japanse Yokohama-hawe die beste gevaar met Saoedi-Arabië se koning Abdullah-hawe in die tweede plek.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page