Circle City Info

56 BONNIEVALE KROKODILLE REEDS GEVANG

‘n Totaal van 56 krokodille, waarvan 25 van kant gemaak is, is reeds in die Bonnievale-omgewing naby Worcester in die Wes-Kaap gevang.

Dit volg nadat ’n onbekende getal jong krokodille verlede week van ’n krokodil-teelplaas buite die dorp ontsnap en in die Breërivier beland het. Die woordvoerder van CapeNature, Tarcia Eiman sê twee krokodille is gisteraand gevang, maar ook van kant gemaak omdat hulle nie verwyder kon word nie. 

Eiman sê die krokodille wat ontsnap het is tussen drie- en vyf jaar oud en wissel in groottes van 1.2 meter tot 1.5 meter. 

’n Ondersoek word ook gedoen om te bepaal of die teelplaas se eienaar voldoen het aan vereistes om krokodille aan te hou

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page