Circle City Info

“ALTERNATIEF VIR TRONKSTRAF MOET GEVIND WORD”

Ronald Lamola het tydens ‘n parlementêre debat oor dié departement se begroting gesê dat die regering landdroste wil aanmoedig om alternatiewe strawwe op te lê

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola het tydens ‘n parlementêre debat oor dié departement se begroting gesê dat die regering landdroste wil aanmoedig om alternatiewe strawwe op te lê vir oortreders wat kleiner misdade pleeg.

Hy sê dit is ‘n poging om die las op die oorvol tronke te verlig.

Lamola sê jong landroste word genooi om tronke te besoek om hulle eerstehands te vergewis met hoe die toestande daar is.

Hy meen alternatiewe strawwe sal samewerking van die breër samelewing verg maar dat dit sal help om die oorsaak van misdade uit te roei en ook om herhaalde oortredings te voorkom.

Die DA se James Selfe sê die klemverskuiwing van gevangenisstraf na maatskaplike integrasie deur gemeenskapsdiensprogramme is in beginsel ‘n geoeie idee maar hy meen meer geld sal daarvoor beskikbaar gestel moet word.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page