Circle City Info

ANC het Toegelaat dat Munisipaliteite R186 Miljard in ‘n Dekade Steel met Geen Nagevolge of Aanspreeklikheid nie!

46% van die geld is vir salarisse en vergoeding vir die Raad gebruik, terwyl slegs 2% vir onderhoudsuitgawes gaan. Dit is dus geen verrassing dat die munisipale infrastruktuur in duie stort nie.

Verslae van die Ouditeur-generaal van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA), het onthul dat die afgelope dekade, R186 Miljard uit die rekenings van ANC munisipaliteite verdwyn het weens “onreëlmatige uitgawes“. Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het onlangs ook verklaar dat daar in die boekjaar 2019/2020, R26 miljard se “onreëlmatige uitgawes” by munisipaliteite was, en dat van die 257 munisipaliteite in Suid-Afrika, het slegs 27 skoon oudits ontvang.

Maluleke het aan die Parlement erken dat die finansiële toestand van munisipaliteite in Suid-Afrika, nog steeds versleg weens ‘n gebrek aan aanspreeklikheid en swak bestuur. 46% van die geld is vir salarisse en vergoeding vir die Raad gebruik, terwyl slegs 2% vir onderhoudsuitgawes gaan. Dit is dus geen verrassing dat die munisipale infrastruktuur in duie stort nie.

Die werklike syfer is tien teen een baie hoër, omdat die finansiële state van sommige munisipaliteite nie geloofwaardig was nie, terwyl ander nie eens hul state betyds vir die oudit ingedien het nie, .

Hierdie skrikwekkende, maar nie verrassende syfers nie, is gedeeltelik blameer aan “die gebrek aan geskikte amptenare by munisipaliteite“, maar niemand durf Korrupsie, BSEB, Kaderontplooiing of Radikale Transformasie of NDR noem nie, asof dit een of ander groot misterie is.

Maluleke het erken dat baie munisipaliteite konsultante moet gebruik, wat R1 miljard in die boekjaar 2020 betaal gekos het, om basiese finansiële state saam te stel, al is dit iets wat binnenshuis gedoen kan word, indien ordentlike bekwame werkers aangestel, is ongeag die kleur van hul vel of party vir wie hulle stem.

Sommige van hierdie munisipaliteite kon selfs met behulp van konsultante, steeds nie finansiële state opstel wat geskik was om geoudit te word nie. Weereens die groot geheimsinnige Korrupsie, BSEB, Kaderontplooing, NDR en Radikale Transformasie wat nie genoem mag word nie.

Daar sou vinnig opgetree kan word teen korrupte amptenare en diegene sonder die nodige vaardighede om hul werk te doen, maar dit is nie die geval nie, en Maluleke het erken dat al is dit belastingbetalers se geld wat so gesteel word, munisipaliteite nie maatreëls om korrupsie en wanbestuur te voorkom het nie, en daar is feitlik geen aksie teen amptenare wat by oortredings betrokke is nie. Is basiese wet en orde dan nou net sommer by die venster uitgesmyt?

Hierdie treurige toedrag van sake is niks nuuts nie. Gedurende die afgelope dekade het die Ouditeur-generaal dikwels die gebrek aan optrede teen korrupte amptenare betreur. Oud-ouditeur-generaal Kimi Makwetu het gereeld gewys op die gebrek aan gevolge in die plaaslike regering vir swak dienslewering en oortredings.

Hulle beweer korrupsie en wanbestuur is slegs ‘n deel van die probleem, en dat die manier hoe geld bestee word, het ook tot swak dienslewering gelei. Maar dit neem nie ‘n geleerde om te weet dat om die geld in jou agtersak te steek, nie die regte manier is nie.

Karen Heese, ekonoom van die munisipale IK, het oor die onreëlmatige uitgawes gesê die tragedie is dat die meeste daarvan in die armste munisipaliteite plaasvind. Hierdie arm munisipaliteite lewer nie ‘n inkomste nie, wat beteken dat hulle geld ontvang het van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler wat onder ernstige druk verkeer.

Die geld moet gaan na belangrike dinge soos basiese dienste en watervoorsiening,” het Heese gesê.

Sy het ook erken  dat daar geen aanspreeklikheid of gevolge is wanneer geld van munisipaliteite verdwyn nie, maar wat hulle met die bestaande sisteme gedoen toe hulle oorneem, want sulke sisteme het voorheen bestaan?

Heese het gevra vir ingrypings deur die regering en politieke gevolge vir leiers in munisipaliteite waar geld ontbreek. “Dit is mense wat byna ‘n volle termyn in die raad gesit het en toegelaat het dat dit onder hul toesig plaasvind,‘ het sy gesê.

Al is dit ‘n dekade laat en nou dat daar niks meer oor is om te steel, het die Ouditeur-generaal magte gekry om in te gryp, waar hy ernstige ongerymdhede sien. In die verlede kon die Ouditeur-generaal slegs sy ouditbevindinge en aanbevelings aan die munisipaliteit voorlê, maar Munisipale bestuurders, in baie gevalle die oortreders, het natuurlik nie die aanbevelings gevolg nie, wat beteken dat daar geen gevolge vir die oortreders was nie.

Die wysigingswet op openbare oudit, wat in April 2019 afgekondig is, het dit verander en die Ouditeur-generaal kan nou vermoedelike onreëlmatighede na relevante openbare liggame, insluitend die Valke, openbare beskermer, en die polisie verwys vir verdere ondersoek.

Dit kan ook regstellende stappe instel as die owerheid sy aanbevelings ignoreer of nie voldoende toepas nie. 

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Find Us Here

Kry Ons Hier

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!