Circle City Info

BABAPOEIER WENKE

Meer as 30 Wenke vir baba poeier gebruik, van jou bed tot jou troeteldier.
HUISHOUDELIK
• KOEL LAKENS
Op warm somer nagte, sprinkel babapoeier oor die lakens om hulle heerlik koel te hou. Die poeier sal enige sweet absorbeer, wat vir ‘n verfrissende nag se slaap sal sorg.
• VARS LAKENS:
Elke keer wanneer jy skoon lakens op jou bed sit, sprinkel babapoeier vir ‘n heerlike vars reuk.
• KRAKENDE HOUTVLOERE:
Strooi babapoeier op die houtvloere en vee dit dan met ‘n besem in die nate in.
• ABSORBEER OLIE KOLLE OP KLERE: Sprinkel babapoeier op die olie, en klad die kol uit. Herhaal totdat kol uit is, borsel elke keer oortollige baba poeier af.
• GEEL VLEKKE ONDER ARMS VAN WIT HEMDE TE VOORKOM:
Nadat jy ‘n nuwe hemp gekoop het, sprinkel babapoeier op hemp se onderarms en stryk dit met ‘n strykyster in die hemp in. Dit sal voorkom dat olie en sweet in die materiaal intrek en geel vlek.
• VARS MATTE:
Sprinkel babapoeier op jou matte voordat jy dit stofsuig . Dit sal die matte heerlik vars laat ruik.
• BEDOMPIGE SKOENE:
Wanneer jou skoene nie op hul beste ruik nie, gooi babapoeier mildelik in die binnekant, laat oornag staan en skud die volgende oggend poeier uit.
• RUBBER HANDSKOENE:
Gooi babapoeier in om dit maklik aan en uit te trek.
• GEKNOOPTE KETTING,
SKOENLUS OF TOU: Sprinkel babapoeier op die knoop en dit sal maklik loskom.
• SYKOUSE AANTREK:
Sprinkel bietjie babapoeier oor jou bene om die aantrek van sykouse te vergemaklik.
• SPEEL KAARTE:
Voorkom dat ‘n pak speelkaarte aanmekaar kleef. Gooi kaarte in ‘n plastiese sakkie, gooi babapoeier by en skud goed. Stof die oortollige poeier af, en jou kaarte sal so goed soos nuut wees.
• OU BOEKE:
Verfris ou boeke wat jy met ‘n uitverkoping opgeraap het, deur babapoeier tussen die blaaie te sprinkel. Laat staan die boeke so vir ‘n dag of twee en skud dan die poeier uit. Die poeier absorbeer enige vogtigheid en raak ontslae van muffe reuke.
MENSLIKE GEBRUIK (BABAS, KINDERS & VOLWASSENES)
• BEEN HARE WAX/EPILADY:
Gooi babapoeier oor bene net voordat jy gaan wax of uitpluk. Dit verminder die pyn sensasie wat met hiermee gepaard gaan, en verseker ook ‘n gladder wax en skeer.
• HARE SNY:
Sprinkel babapoeier oor seuns se gesigte en nekke wanneer ‘n tuis haar-skeerdery gedoen word. Dit voorkom dat stekelrige haarknipsels aan hul gesigte en nekke vasklou.
• NAEL KNIP GIDS:
Voorkom besering deur naels te diep knip! Doop babas se vingernaeltjies in babapoeier, sodoende is die gedeelte wat jy moet knip duidelik sigbaar.
• DROE SJAMPOE:
Rek die tydperk tusen hare was met twee tot drie dae. Meng gelyke dele babapoeier en koeksoda en gebruik as ‘n ‘n droë sjampoe.
• SEESAND:
Babapoeier is ‘n MOET vir elke MA se strandsak! Sprinkel oor sandbesmeerde babas & kinders en vryf eenvoudig af.
• SET GRIMERING:
In plaas van duur set poeiers vir jou grimering, borsel baba poeier liggies oor jou gesig, voordat jy grimering aansit.
• VOLLER WIMPERS:
Wend ‘n klein bietjie babapoeier met ‘n oorpluisie aan jou wimpers, om dit voller te laat vertoon wanneer jy maskara aanwend.
• TYDELIKE TATOO (HOU VIR ‘N MAAND!):
Teken jou tatoo ontwerp met ‘n Sharpie (permanente merker/koukiepen), bedek die tatoo met babapoeier, vryf goed in, en sprei nou ‘n laag haarsproei daaroor. Die tatoo sal tot ‘n maand hou!
MEDIES
• HITTE UITSLAG (“ Sweat Rush): Wanneer jy ookal ‘n hitte uitslag op jou lyf ontwikkel, strooi dadelik babapoeier oor wat dadelik die pyn sal verlig.
• SKAAFPLEKKE TUSSEN BENE, BORSTE:
Sprinkel jou binnebene, onder borste, ens goed met babapoeier. Dit voorkom deurskaaf agv sweet.
• NAGSWEET:
Meng helfte babapoeier met helfte mezina en smeer aan liggaam. Help om nie so te sweet nie.
• BLASE:
Moet nooit weer jou voete martel met nuwe skoene en blase nie! Vryf vaseline oral waar die skoene jou skaaf, en jy sal nooit weer ‘n blaas hê nie. Gooi ook babapoeier in jou skoene om te voorkom dat jou voete sweet en dan rondgly in die skoene.
• EKSEEM/WINTERSHANDE & VOETE: Vir wintershande, voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem:
Meng 2 x 500 gram potjies Aqeuousroom, 50ml Gliserien, 1 klein potjie wit Vaseline (reukloos), 100g Johnson’s babapoeier saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele.
• KOPLUISE VOORKOMEND:
Strooi babapoeier 2x dag oor hare en vryf goed in.
TROETELDIERE
• VLOOIE EN BOSLUISE OP HONDE & KATTE:
Gooi op diere en vryf poeier goed in hul pelse in.
• VLOOIE WEG TE HOU:
Plaas Bloekomolie al langs ruggraat van dier, en ook agter nek. Strooi dan babapoeier oor net om die Bloekomolie se reuk bietjie te verbloem. Dit werk regtig.
• KAT SANDBAK:
Strooi babapoeier oor jou kat se sand vir ‘n vinnige verfrisser.
• URINEER OP VERKEERDE PLEKKE:
Vir honde wat hul besigheid doen op plekke waar hulle nie mag nie, strooi babapoeier op die gras/plekke en hulle sal nooit weer dit daar doen nie. Werk ook as jy gaan kamp. Strooi die poeier om jou tent en hou dan so die honde en ander diere weg van jou tent. Hulle kan nie die reuk verdra nie. Nies en proes verskriklik.
• OLIE AAN HONDE OF KATTE:
Gooi babapoeier mildelik oor dier, en vryf goed in die hare in om die meeste olie te absorbeer. Hoe meer hoe beter. Los aan vir so ‘n halfuur, terwyl jy alles regkry vir die bad: Baie sunlightseep (die pienkerige een werk die beste vir olierigheid), baie warm water en skoon droë, ou handdoeke. Bad nou die dier, en gooi gereeld skoon warm water in bad, totdat die dier skoon is.
PLANTE
• PLANT-BOLLE:
Gee jou plant-bolle ‘n babapoeier bad voordat jy dit uitplant! Die babapoeier voorkom muf aan die bolle en hou vermoedelik ook insekte weg wat die bolle sou wou vreet. Sprinkel babapoeier in ‘n plastiese sakkie, gooi die bolle in die sakkie en skud goed, en plant uit.
PESTE & PLAE
•SWART MIERTJIES:
Gooi ‘n lyn van babapoeier voor jou deure en vensters om te voorkom dat miere in die huis kom. Gebruik ook rondom troeteldiere se kos & water bakke om te verhoed dat dit deur miere ingeneem word.
• VLOOIE/SANDVLOOIE OP MATTE:
Was jou mat met Sitroenella olie wat jy in die water gooi. As die mat droog is gooi babapoeier of tafelsout op die mat.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page