Bestandele
1 blik (400 ml) klapperroom, minstens 4 uur in die vrieskas verkoel
Fyn gerasperde skil van ‘n lemmetjie
1 teelepel (5 ml) vanielje-ekstrak
2 eetlepels versiersuiker
2 koppies vars bloubessies (of enige gemengde bessies)
4 groot meringues gekoop (ongeveer 2 koppies), in stukke gebreek
3 eetl (45 ml) bessiekonfyt, uitgedun met 2 eetl (30 ml) kookwater
Handvol vars basiliekruid (of kruisement) om voor te sit
Resepte / Kos is Ons Lewe
Maak so
Plaas die blik klapperroom oornag in die yskas sodat die room stol en skei van die water.
Giet die vloeistof af – jy kan die oortollige vloeistof gebruik vir ‘n smoothie of dit vries vir later.
Skep die geharde room uit in ‘n groot mengbak, klits tot gladde, sagte punte. Klits dan die lemmetjie , vanielje en suiker deur.
Voeg die meringues by tert bak / plat bord , vul dit dan met lepels geklopte klapperroom en versier met bessies, vars basiliekruid / kruisement en ‘n konfytdrup.