Circle City Info

Boere Beesvleis-Kerrie

Lekker soet boere kerrie met ‘n lekker byt

Bestandele:

1 tot 2 kg beesvleis, groot blokke gesny (shortrib; brisket, chuck)
125 ml kookolie
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies – gekneus
1/2 teelepels vas fyn gemmer
1 tl bruinsuiker
¼ teelepel borrie
3 eetlepels sterk kerrie poeier
4 aartappels, geskil en halfeer
2 tamaties, fyngekap
3 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 500 ml kookwater

Metode

  • Verhit olie in kastrol, voeg uie en knoffel by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
  • Voeg kerrie en gemmer, bruinsuiker asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur
  • Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin.
  • Gooi 500ml kookwater by, sit die deksel op en laat prut oor matige hitte tot water verdamp het
  • Voeg nog 500 ml kookwater by, sit aartappels in saam konfyt, tamaties, sout na smaak
  • Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is

Bedien met witrys, roti’s, salsa en blatjang of bunnychow

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Find Us Here

Kry Ons Hier

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!