Circle City Info

Brande in VS ‘met min of geen hulp van regering bestry

Matjhabeng-munisipaliteit net een brandweerwa en een bakkie met ’n vuurvegter daarop, vir ses dorpe tot sy beskikking.

Die Goudveld-brandbestrydingsvereniging, een van die grootste brandbestrydingsverenigings (BBV) in die Vrystaat, sê bewerings dat brandverenigings hier nie goed bestuur word nie, is onwaar.

Johan Terblanche van die Goudveld BBV, het reageer op ’n mediaverklaring wat verlede week deur die Vrystaatse sambreelbrandvereniging (FSUFPA) uitgereik is.
 
Terblanche en ander grondeienaars sê brandbestryding word bemoeilik omdat brande dikwels by Eskom-pale langs snelweë, op munisipale terreine en grond wat aan staatsinstellings behoort, ontstaan. Hy sê sulke brande versprei dan na plase en word outomaties boere se probleem wat op eie koste die brande moet bestry.
 
Terblanche sê munisipaliteite is swak toegerus om brande te bestry terwyl die Goudveld-BBV byvoorbeeld twee vliegtuie, 30 Unimog-voertuie, twee private brandweerwaens en honderde bakkies met brandbestrydingstoerusting daarop, tot sy beskikking het. In vergelyking hiermee het die Matjhabeng-munisipaliteit net een brandweerwa en een bakkie met ’n vuurvegter daarop, vir ses dorpe tot sy beskikking.
 
Die Goudveld-BBV bedien 14 dorpe in die Lejweleputswa-distrik. “Wanneer daar ’n veldbrand in die gebied is kan ons staatmaak op boere van die naaste drie dorpe wat kom help vure blus, daarom bly ons vure klein,” sê Terblanche. Hy sê FSUFPA verteenwoordig nie die meerderheid brandverenigings in die Vrystaat nie en dat brandverenigings nie die geld en hulp kry waarop hulle geregtig is nie.
 
Ilze Venter, sekretaresse van die Moqhaka-brandbestrydingsvereniging in Kroonstad, sê brandverenigings word op grondvlak swak deur die departement en ook die sambreelbrandvereniging ondersteun. Venter sê Kroonstad se brandbestrydingsvereniging moet gereeld brande aan die N1 blus en dat geld van Sanral nie by die vereniging uitkom nie.
 
Sy sê boere moet dikwels op eie koste brande bestry wat op staatsinstansies se grond ontstaan. Venter sê brande ontstaan gereeld langs spoorlyne en dat dit dan weer eens die probleem van boere is.

Venter en Terblanche sê dat daar baie swak verhoudings tussen die departement en FSUFPA aan die een kant en sekere brandbestrydingsverenigings aan die ander kant is.

Deur: Alet Van Der Walt – Bron: Johan Terblanche Facebook

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Find Us Here

Kry Ons Hier

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page