Circle City Info

BROOD RESEP WAT NIE FLOP – Resepte / Kos is Ons Lewe

Bak jou eie Brood in minder as n uur, die resep flop nie.
Bestandele
 
180º Oond – 45-50
minute
6 Koppies Koekmeel
4 Eetlepels Suiker
1Eetlel Suurlemoensap
1Eetlepel Water
3 Eetlepels gesmelte botter
2 Teelepeltjies Droëgis (Anchor Pers) Yeast
1 Koppie Water (louwarm)
1 Koppie lou warm Melk
1 teelepeltjie Sout
2 Geklitste Eiers
Maak So
 
Gooi jou kitsgis en die 1 koppie louwarm water by mekaar en laat staan totdat die gis en skuim maak bo.
Sif die Koekmeel , Sout en Suiker en jou groot mengbak.
Neem dan die gesmelte botter en gooi jou 1 eetlepel suurlemoensap en 1 eetlepel water bymekaar en meng .
Klits jou 2eiers in die 1 koppie warm melk.
Nou gooi die yeast, gesmelte bottermengsel en die 1 koppe melk alles in die koekmeel mengsel en roer deeglik met jou houtlepel.
Moenie nog vloeistof by gooi nie…meng net alles goed..
Dan gooi bietjie meel op jou oppervlak en knie liggies die deeg..
Vat dan ‘n skoon bak en smeer met olie en laat die deeg rys vir so 1uur.
Berei jou broodpan of swartpot voor, deur dit met botter se smeer en liggies te stof met koekmeel..gooi oortollige koekmeel weg.
Na dit , as die deeg gerys het..knie biki af en sit nou die deeg in jou brood pan.. BEDEK MET KLAM SKOON VADOEK sodat die deeg nie uitdroog nie. Laat rys vir so 40 min.
Klits 1 eier met bietjie (1eetlepel water)
Verf jou deeg liggies met die mengsel.
Bak nou in jou oond op 180º vir 45 – 50 minute.
Toet met toetspennetjie.. hy moet skoon uit kom.
Smeer jou brood met botter.. Dit sal die kors sag maak.
Geniet , Lekker eet!

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!