Dit kom nadat foto’s van die beweerde kursus se studiemateriaal op Twitter versprei is.
Die sielkundige, Karlyn Borysenko het dié studiemateriaal versprei, wat glo deur ‘n werknemer van Coca-Cola aan haar gestuur is.
🚨🚨🚨 BREAKING: Coca-Cola is forcing employees to complete online training telling them to "try to be less white."
— Karlyn supports banning critical race theory in NH (@DrKarlynB) February 19, 2021
These images are from an internal whistleblower: pic.twitter.com/gRi4N20esZ
In die foto’s kan gesien word hoe die beweerde kursus glo onderwerpe soos hoe om minder wit te wees, aanspreek. Onder dié opskrif moedig die kursus glo Coca-Cola se werknemers aan om minder arrogant, onderdrukkend en onkundig te wees.
‘n Woordvoerder van Coca-Cola het op Twitter gesê dat dié leermateriaal in die openbaar beskikbaar is op die platform, LinkedIn en dat dit nié die fokus van Coca-Cola se leerplan is nie.
Volgens die woordvoerder is dié kursus glo deel van die maatskappy se leerplan om te help om ‘n inklusiewe werkplek te skep.