Circle City Info

Covid-19 Positiewe Disinfeksies Styg in Welkom.

Volgens van Rensburg is daar definitief n styging in die disinfeksie van persele en wonings in Welkom waar positiewe Covid-19 gevalle was.

Welkom City Stad FB Page het onlangs met Tieka van Rensburg gepraat van SkitterBlink Goldfields Welkom, wat n geakrediteerde Covid-19 disinfeksie besigheid bedryf in die Goudvelde, oor die stand van Covid-19 in Welkom.

Volgens van Rensburg is daar definitief n styging in die disinfeksie van persele en wonings in Welkom waar positiewe Covid-19 gevalle was. Van Rensburg se ook dat daar gedurende Desember geen gevalle was nie, maar in Januarie al heelwat. Hy noem ook dat wonings en besigheids persele plaaslik in Welkom asook, Kroonstad en so ver as Bloemhof, moes behandel word en dat hulle tans party dae twee spanne moet uit stuur om die werkslading te kan hanteer. Hulle het ook al verskeie trokke van vervoer maatskappye in die Welkom area behandel, asook n bekende supermark in Welkom.

Van Rensburg versoek die publiek om aan al die standard Covid-19 protokols te voldoen en maskers te dra, hande te ontsmet en sosiale afstand toe te pas en slegs as dit nodig is jou woning te verlaat. SkitterBlink Goldfields Welkom het die regte opleiding ondergaan en werk net met opgeleide en gesertifiseerde personeel om met ontsmettings te werk en behandel persele met die regte chemikalieë wat aan die die Departement van Gesondheid se vereistes voldoen. 

Wanneer hulle n positiewe geval hanteer word die regte Persoonlike Beskermings Uitrustings (PPE) gedra en in alle gevalle word die afval materiaal  deur n biochemiese maatskappy verwyder. Die chemikaliee wat SkitterBlink Goldfields Welkom gebruik het n “Log Reduction Rate” van 99.99999% in vergelyking met huishoudelik bleikmiddels wat net n “Log Redudction Rate” van 99.9% het. Van Rensburg verduidelik verder dat hulle met twee verskillende chemikalie kan spuit waarvan die een vir tot 28 dae die na ontsmetting nog effektief werk.

Van Rensburg verduidelik verder dat mense wat positief toets en in self issolasie gaan moet hulle vroegtydig kontak om n afspraak te maak om die huis te ontsmet sodra die isolasie periode verstryk het. Hy se ook SkitterBlink reik n ontsmetting sertifikaat uit wat deur die Departement van Gesondheid onderskryf word. Mense wat met hulle in aanraking wil kom kan gerus hulle webtuiste besoek. Daar is inligting wat n Dokter verskaf het oor hoe om n positiewe pasiënt tuis te behandel en hanteer asook inligting rakende gesertifiseerde Covid-19 opleiding vir n huishulp. Kliek hier om hulle BLOG te besoek of volg Skitterblink Welkom op Facebook waar hulle gereeld nuwe Covid-19 inligting plaas.

Promosie Artikel vir SkitterBlink – Welkom

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!