Circle City Info

Die Franse mode-ontwerper Pierre Cardin is oorlede

Die Franse mode-ontwerper Pierre Cardin is oorlede. Cardin, wat in Venesië, Italië gebore is, was 98 jaar oud.

Hy het in die negentiensestigs en -sewentigs bekendheid verwerf vir sy futurististiese ontwerpe op die loopplanke. Ná jare se werk in die top modehuise soos Christian Dior, het Cardin sy eie handelsmerk geskep waarmee hy modes en bykomstighede vir Jan en San Alleman beskikbaargestel het.

Cardin was die eerste ontwerper wat modewinkels wêreldwyd geopen het. Hy was ook die eerste Westerse ontwerper wat dit gewaag het om modevertonings in Rusland te hou. Hy het sy onderneming in 2011 verkoop, maar nog aktief in die bedryf betrokke gebly en as mentor opgetree vir bekende ontwerpers soos Jean Paul Gaultier.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Bron:S.A.U.K. / SABC

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!