Circle City Info

DIE VLUG VAN DIE SUID-AFRIKAANSE LUGDIENS WAT GESTUUR IS OM ENTSTOF IN BELGIË TE GAAN HAAL IS WEER IN DIE KOLLIG

Die huurvlug wat die belastingbetaler ongeveer R 5 000 000 gekos het was oorbodig want dit wil nou voorkom asof die koopprys van die Johnson & Johnson entstof die afleweringskoste ingesluit het.

Die omstrede vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wat gestuur is om entstof in België te gaan haal is weer in die kollig nadat daar beweer word dat dit nie net onnodig was nie maar ook onwettig.

Die huurvlug wat die belastingbetaler ongeveer R 5 000 000 gekos het was oorbodig want dit wil nou voorkom asof die koopprys van die Johnson & Johnson entstof die afleweringskoste ingesluit het.
 
Die Demokratiese Alliansie se parlementslid, Alf Lees is van mening dat die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, aanspreeklik gehou moet word aangesien hy en sy personeel die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies doelbewus gesystap het.
Volgens hom sou die vervoer van die entstof op ‘n kommersiële vlug ‘n fraksie van die koste van ‘n huurvlug gewees het.

Dit is dieselfde vlug wat vroeër in die nuus was nadat die opstyggewig glo verkeerd uitgewerk is en die vliegtuig se outomatiese beheerstelsels moes oorneem om te verhoed dat die vliegtuig neerstort.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page