Circle City Info

FAK STEL PLANNE BEKEND OM DIE KRUGERBEELDEGROEP OP KERKPLEIN TE BEWAAR

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, oftewel FAK het vanoggend sy planne bekend gestel om die Krugerbeeldegroep, op Kerkplein in Pretoria vir die toekoms te bewaar.

Dié standbeelde loop al ‘n geruime tyd onder vandale deur en daar is al gedeeltes daarvan afgebreek en gesteel.

Volgens die FAK word 3D-skanderingstegnologie nou ingespan om lewensgrootte standbeelde van president Paul Kruger en die vier brandwagte by sy voete van kop tot toon te skandeer.

Die standbeeldegroep en die vier bronspanele op die voetstuk, wat hoogtepunte uit Kruger se lewe uitbeeld is deur Anton van Wouw geskep en is op 10 Oktober 1954 deur die destydse eerste minister, dr. DF Malan onthul.

Die FAK sê dié Krugerfonds is gestig om die bedreigde beeldegroep vir die nageslag te bewaar. Die FAK sal nou 3D-afdrukke van al vyf die volksbeelde van die Krugermonument op Kerkplein, asook die vier bronspanele maak.

Die kleiner weergawes van die beelde sal binnekort in brons gegiet word en opgeveil word met die doel om die groter weergawes te kan druk.

Volgens die besturende direkteur van die FAK, dr. Danie Langner is die voordeel van die tegnologie die feit dat sulke kunswerke aan ‘n baie groter publiek bekend gestel kan word.

Die projek kom nadat die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa verlede jaar aangekondig het dat sy departement sogenaamde temaparke sal skep, waarin Afrikaner beelde, monumente en ander gedenktekens uitgestal sal word.

Volgens die FAK kan geskiedenis sommer nie net uitgevee word nie en is dit belangrik dat hierdie beelde bewaar word.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page