Circle City Info

HOOGGEREGSHOF SOEK ANTWOORDE BY MATJHABENG PLAASLIKE MUNISIPALITEIT OOR RIOOLPROBLEEM

Die MPM moet saam met al die dokumente ook verduidelik watter stappe hulle reeds gedoen het na die vorige hofbevel uitgereik is en wat die munisipaliteit ook nog gaan doen.

Die hooggeregshof in Bloemfontein soek ‘n verduideliking en redes teen Vrydag [ 5 Feb 2021] by die Matjhabeng plaaslike Munisipaliteit [ MPM ] in Welkom oor die rioolprobleem by die Oppenheimerpark-gholfklub in dié stad.

Die Klippan-pompstasie by Witpan is steeds nie ten volle herstel nie. Die vervanging en herstelwerk aan die pompstasie sloer nou al vir jare. Die hof soek ook ’n beëdigde verklaring met verduideliking hoekom geen pompe herstel is na die vorige hofbevel nie. Al die verklarings en redes moet voor Vrydagmiddag ingehandig wees en ook by die Oppenheimerpark-gholfklub se prokureurs oorhandig word.. Die hofbevel wil nou volledige en omvattende redes vanaf die MPM hê, oor waarom die MPM nie aan die vorige hofbevel voldoen is nie.

Die MPM moet saam met al die dokumente ook verduidelik watter stappe hulle reeds gedoen het na die vorige hofbevel uitgereik is en wat die munisipaliteit ook nog gaan doen. Indien die hof nie goeie redes en verduidelikings van die munisipaliteit ontvang nie, mag die Oppenheimerpark-gholfklub dan voortgaan met hulle aansoek om die MPM te verplig om die vorige hofbevel na te kom.

Die stad se munisipale bestuurder, Zingisa Khutaza Tindleni, , moet dan op 18 Februarie 2021 voor die hof verskyn om alle vrae oor die riool situasie te beantwoord. Die hooggeregshof het reeds in 2020 gelas, dat die MPM R8,9 miljoen aan die Oppenheimerpark-gholfklub moet betaal vir skade wat aan 3 van die gholfbaan se putjies deur rioolvuil aangerig is.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page