Circle City Info

Is Zondo Kommissie ook ‘n Slenter? Korrupsie is glo so Groot Zondo kan dit nie als Hanteer nie! Was dit nog Altyd die ANC se Plan?

Dit los twee moontlikhede, of korrupsie is veel groter as enigiemand gedink het, of die Zondo Kommissie was nog altyd ‘n klug wat die ANC kon gebruik om selektief mense te verhoor.

Regter Zondo het glo aangewys dat hy “weens tydsbeperkings” nie volledige bevindings sal maak oor elke saak wat aangehoor word nie, en dat die land se wetstoepassers toegerus is om ondersoek in te stel na aangeleenthede waaroor hy nie spesifiek verslag doen nie. MAAR dit is juis hierdie wetstoepassers wat Ramaphosa erken het, wat jare lank hul voete gesleep het en sodoende die Zondo-kommissie nodig gemaak het!

Dit los twee moontlikhede, of korrupsie is veel groter as enigiemand gedink het, of die Zondo Kommissie was nog altyd ‘n klug wat die ANC kon gebruik om selektief mense te verhoor.

Luister Hier:

Sulke uitlatings versterk die vermoede dat Zondo aangestel is om die ANC vry te spreek, en bloot ‘n paar “uitsonderings” bloot te lê, sonder om elke skuldige sonder veroordeling te identifiseer en te vervolg.

Die ANC en die hoofstroommedia het van die begin af ‘n valse vertelling aangevoer, een van dat die Zuma-jare ‘n uitsondering sou wees. Dat Ramaphosa en sy lojaliste kamstig deel sal uitmaak van die kamp waaroor “geen bevindinge” gemaak kan word nie, wat blyk nou om verseker te wees omdat dit vooraf so beplan was.

Dit illustreer net hoe endemies, sistemies en wydverspreid korrupsie is. Van invloedryke individue soos Thuli Madonsela se voorstel vir korrupsie-amnestie, tot hierdie jongste verontwaardiging teen belastingbetalers, kan mens niks vertrou wat uit ANC geledere kom nie.

Inderdaad korrupsie blyk om institusioneel te wees by die ANC.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page