Circle City Info

JY WONDER SEKER WAAR KOM AL DIE REËN VANDAAN?

JY WONDER SEKER WAAR KOM AL DIE REËN VANDAAN? Jan Meintjies - weer kenner verklaar

DIe afgelope week was toestande baie gunstig vir die invloei van klam Tropiese warm lug uit die ITKZ belt. Dit is die gebied suid van die ewenaar oor Afrika.Voeg by die hupstoot van nog meer tropiese lug vanuit die Mosmabiek kanaal en die wisselwerking tussen die hoog en laagdruk stelsels en jy kom amper by n verklaring vir die reenbelt oor die sentrale binneland uit.

Voeg verder die invloed van die “natter” La-Nina toestande en ‘n negatiewe Indiese Oseaan Diopole en die prentjie lyk nog beter. Die Tropiese Storm het veroorsaak dat die normale invloei van lug uit die noorde, so bietjie verder wes gedruk is as hulle “normale” paadjie oor Botswana. Dit kan ook gesien word uit die verhoogde reenval oor dele van Namibie verder wes, kus se kant toe wat veroorsaak het dat die lugvloei lyn kom ons se maar , oor Upington inkom en daarom die reen oor die dele van die NK,Boesmanland en Kalahari.

Kyk na die aangehegte kaarte en jy sal mooi verstaan wat ek bedoel.
Om die afgelope week se reën patrone en syfers sommer goedsmoeds op te som as abnormaal is riskant want dit vereis analiese van dieselfde ooreenstemmende tye, jaarliks voordat ‘n “anomaly” verslag gedoen kan word. Ongelukkig beskik ons nie oor die statistieke nie maar SAWeerdiens hou dit wel en publiseer dit in kaart formaat, bv 1ste 10 dae, 2de 10 dae ens van elke maand, elke jaar.

Welkom City/Stad FB Page / 4 Jan 2021 / Henca Morlé Kaapse Korrespondent

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page