Circle City Info

KLEURRIJKE KRAAKKOEKIES

Kleurvolle, Heerlike Klapperkoekies van Resepte Kos Is Ons Lewe Facebook Page

Bestandele

400 g Suiker
225 g Margarien
4 Eiers
3 ½ Teelepeltjies bakpoeier
3 Teelepeltjie-karamelgeursel
4 ½ koppies koekmeel
Verskillende Kos Kleursel
Versiersel vir afstof
Resepte / Kos is Ons Lewe Fb Page

Maak so

Voorverhit die oond tot 180 ° C
Meng die botter en die suiker tot die botter lig van kleur en donsig word.
Voeg die eiers by en roer dit een vir een by die mengsel. Roer deur die karamelgeursel, voeg dan die bakpoeier en ‘n derde van die meel by.
Meng nou goed , voeg dan nog ‘n derde van die meel by en meng weer. Meng die oorblywende meel en sorg dat daar nie koek meel aan die onderkant van jou mengbak sit nie.
Verdeel die beslag ewe veel in die hoeveelheid kleure wat jy sal maak. Meng die voedselkleursel by en verkoel dan die beslag 45 minute in die yskas.

Vorm klein bolletjies. Gee die bolletjie ‘n goeie laag versiersuiker en plaas dit op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sorg dat jy die koekies genoeg spasie gee om dit te bak want dit gaan uitsprei. Bak vir 8-10 minute. Sit op draadrakkie om af te koel en pak in mooi glashouer!
Dis baie Lekker en Maklik!

Resepte  Kos is Ons Lewe Facebook Page

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page