Circle City Info

Meer As R60 Miljoen Se Goudstawe Op ORT-Lugawe Beslag Gelê

Drie persone sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn nadat goudstawe van meer as 73kg in hulle handbagasie op die Johannesburg se Internationale Lughawe [ORT ] gevind is.

Drie persone sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn nadat goudstawe van meer as 73kg in hulle handbagasie op die Johannesburg se Internationale Lughawe [ORT ] gevind is. Veiligheidsbeamptes het op hulle skanderings toerusting opgemerk dat daar ‘iets’ is wat verdag gelyk het. Die verdagtes is by die Internationale aankomssaal in hegtenis geneem. Die verdagtes sou van Jhb via Ethiopia na Dubai vlieg.

Nie net het die beamptes die goudstawe ontdek nie maar ook op buitelandse valuta beslag gelê. Die geskatte waarde van die goudstawe is bykans R60 miljoen.

Die valke sal by die ondersoek betrokke wees saam met die owerhede van Interpol asook ander lande. Die verdagtes is aangekla van onwettige handel in edelmetale asook die oortreding van die Doeanewet.

Welkom City/Stad FB Page / 4 Jan 2021 / Henca Morlé Kaapse Korrespondent

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page