Circle City Info

Mikrogolf Karringmelk beskuit.

Baie Lekker Mikrogolf Karringmelk beskuit. Dis regtig kinderspeletjies om te bak.
Bestandele.
500ml bruismeel gesif (Ek sif dit nie maar klits dit met ‘n draad klitser)
2ml sout
10 ml bakpoeier
150 ml sagte bruin suiker
1 koppie fyn klapper (volgens smaak)
1/2 koppie gemengde sade
Meng bogenoemde bestandele.
Smelt 175gr botter vir een minuut in mikrogolfoond.
Klits 2 eiers en 250ml karringmelk saam. (Ek gebruik 250ml melk met 1 eetlepel asyn in. Laat staan vir paar minute totdat dit verdik)
Klits gesmelte botter by eier en melk mengsel, asook 1/2 teelepel karamel essence.
Voeg droë bestandele by eier en botter mengsel.
Meng goed tot glad en egalig.
Spuit ‘n 2 Liter roomysbak met spray & cook of smeer met botter. Bak beslag vir 12 minute op hoog In die mikrogolfoond en laat staan dan 10 minute in oond sonder om dit oop te maak. (Hierdie staantyd is baie belangrik)
As ek hierdie in die aand bak, los ek die beskuit in die roomys bak en keer eers die volgende dag uit om op te sny.
Sny in skywe (10) en dan in vingers (5) (Ek kry dus 50 vingers uit een baksel uit)
Droog beskuit In die oond uit op 90 C vir ongeveer 4 ure.
Terywl die eerste baksel in die mikrogolfoond staan en rus vir die 10 minute, maak ek solank die 2de baksel aan. Terwyl die 2de baksel staan, begin ek die skottelgoed. En voor jy weet is daar 3 baksels en die kombuis is skoon.
Ek het ook al beskuit in my klein ronde oondjie uit gedroog. Daar pas wel minder stukkies in teenoor die groot oond, maar die beskuit droog vinniger uit.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page