Circle City Info

MOET-KYK: ‘Binnelanders’-akteurs se beeldskone weergawe van ‘Stille Nag’

Sterre van die kykNET-reeks, ‘Binnelanders’ het kragte saamgespan om 'n spesiale weergawe van, ‘Stille Nag’ op te neem - en die musiekvideo is 'n moet-kyk!

Add Your Heading Text Here

Germandt Geldenhuys (Louis Koster in Binnelanders) vertel hy het oor die moeilike 2020 gesit en dink toe hy die idee kry om die kersliedjie met van sy goeie vriende en mede-akteurs aan te pak.

Vir die spesiale opname het die ‘Kanarie‘-akteur vir Clint Brink (dr. Steve Abrahams), Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker), Paul Lückhoff (oom Wimpie du Toit) en Ben Krüger (Okkie Ferreira) by ‘Binnelanders’ genader om deel van hierdie projek te wees.

“Jy kan sekerlik saamstem: hierdie was ‘n tawwe jaar, wat baie van ons se hoop weg gevreet het en gevolglik gaan hierdie Kersfees dalk ‘n bietjie meer gedemp wees, vir baie mense. Dit is presies waaraan ek gedink het op ‘n Maandagmiddag einde November toe iemand my daaraan herinner dat daar in die stil tye van die lewe ook wonderwerke kan gebeur – dat nuwe lewe (en hoop) uit die eenvoud kan spruit,” skryf Geldenhuys op sy Instgram-bladsy.

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER:

Die projek was in net sewe dae realiseer en die opbrengs daarvan gaan aan die Abraham Kriel-kinderhuis geskenk word.

“Ek het ook besluit dat ek hierdie projek alles ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis gaan doen. So, elke keer wat jy die song aflaai, koop, speel of share, doen jy dit met die wete dat jy ‘n klomp kinders se Kersfees en Nuwe Jaar ‘n klein bietjie lekkerder gaan maak,” verduidelik Geldenhuys.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page