Circle City Info

NIEU-SEELAND MAN IN DIE HOF NADAT HY OP RENBAAN VOOR AANKOMENDE RESIESPERDE INLOOP.

'n 24-jarige man het vandag, Nieu-Seelandse tyd, in die Hutt Valley distrikshof in Wellington verskyn nadat hy Saterdag in die middel van ’n perdewedren voor aanstormende perde op die resiesbaan gestap het.
‘n Video van die voorval by die Wellington Cup-byeenkoms is wyd op sosiale media versprei.
Die man word nie deur enige van die perde getref nie, maar hy word wel deur ontevrede toeskouers toegejou.

Justin Bergman word daarvan aangekla dat hy mense in die openbaar se veiligheid in gevaar gestel het. Jokkies moes woes uitswaai om te keer dat hul perde hom nie onderstebo hardloop nie.

Volgens plaaslike media kan Bergman gevonnis word tot ‘n jaar gevangenisstraf of hy kan ‘n boete van 200 Nieu-Seelandse dollar, of sowat R 2000 opgelê word. Hy kan ook vir lewenslank geskors word van enige renbane of klubs.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page