Circle City Info

NUWE INLIGTING BEVESTIG VERMOEDE NA DIE OORSPRONG VAN COVID-19

n Intelligensie verslag het bevind dat drie navorsers uit die berugte Woehan-instituut vir Virologie in November 2019 só siek geword het, dat hulle gehospitaliseer moes word.

Na meer as 18 maande sedert die uitbraak van Covid-19, is die oorsprong van dié uitbraak nog onbekend. In Maart vanjaar het die Wêreldgesondheidsorganisasie (“WGO”) ’n verslag bekendgemaak wat bevind het dat “alle moontlikhede” nog op die tafel is wat die oorsprong van Covid-19 kan verklaar.

Daar is wyd berig dat die Chinese regering tydens die ondersoek van die internasionale span van ondersoekers nie voldoende behulpsaam was nie, wat die reeds bestaande vermoede dat die Chinese kommunistiese party iets het om weg te steek, versterk het.

Meer onlangs het nuwe inligting vorendag gekom wat hierdie kritieke ondersoek in ’n nuwe lig plaas.

’n Intelligensie verslag vanuit die Verenigde State van Amerika se Intelligensie Gemeenskap (“IC”) het bevind dat drie navorsers uit die berugte Woehan-instituut vir Virologie in November 2019 só siek geword het, dat hulle gehospitaliseer moes word. Die simptome waaronder hulle gely het, het gestrook met Covid-19-simptome.

Die internasionale gemeenskap is dit eens dat die  Chinese kommunistiese party, wat alle amptelike kommunikasie oor China beheer, oneerlik was oor wanneer Covid-19 die eerste maal aangemeld was. Dié party het hierdie inligting vir so lank as moontlik geheim gehou, en eers in Januarie 2020 erken dat Covid-19 ’n nuwe koronavirus-variant is, wat hoogs aansteeklik is.

Die kommunistiese party het verder gerapporteer dat die eerste geval op 8 Desember 2019 aangemeld is – ’n maand nadat navorsers uit die Woehan-instituut vir Virologie gehospitaliseer is.

Die Wall Street Journal berig dat van die partye betrokke by die samestelling van die  intelligensie verslag die bevindinge as baie “presies” en van “voortreflike gehalte” beskryf.

Alhoewel die verslag ook meld dat verdere ondersoek nodig is, kom dit voor of die verslag wel as geloofwaardig uit verskeie oorde ontvang word. Een daarvan is die bekende immunoloog, Dr. Anthony Fauci, wat voor die verslag van oortuiging was dat die oorsprong van die virus deur oordrag van “dier na mens” verklaar kan word; mees waarskynlik van vlermuise.

Nou sê hy onomwonde dat hy nie meer daarvan oortuig is nie, en eis hy verdere ondersoek.

Die WGO word nou met hierdie nuwe inligting gekonfronteer, waar hulle vandeesweek ontmoet om juis die volgende fase in hul ondersoek na die oorsprong van Covid-19 te bespreek.

Die WGO self het onder nodige kritiek deurgeloop in die maande na die uitbraak van Covid-19, waar hulle besonders toegeeflik teenoor die Chinese regering was in hulle hantering van die pandemie en die verloop van gebeure, soos deur die Chinese regering aangevoer. Verder het die WGO aanvanklik dié regering se weergawe net so aangeneem en verkondig.  

Die WGO is ook daarvoor bekend dat hulle politieke korrekte taal volg en dikwels politiek in hulle standpunte, bevindings en riglyne bedryf.

Soos wat die beweegruimte vir die Chinese kommunistiese party al hoe minder raak om inligting weg te steek, raak die beweegruimte vir die WGO ook minder om die wyse (en taal) waarop verdere inligting uitkom, te beheer.

Inderdaad is die bevindinge van die verslag nie afdoende bewys dat Covid-19 binne ’n laboratorium ontstaan het nie, en is verdere ondersoek nou noodsaaklik.

Enkele maande gelede was dit onseker of die waarheid na die oorsprong van Covid-19 ooit gevind kan word; dié nuwe inligting skep egter hoop daarvoor.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page