Circle City Info

Paar krokke vat ’n stappie

BONNIEVALE. – ’n Spul ontsnapte krokodille het inwoners behoorlik op hol gehad.

Die ontsnapping het Woensdag omstreeks 07:00 op ’n plaas in die Angora-omgewing plaasgevind.

’n Paar van die reptiele is darem weer op hok.

Nadat die ontsnapping rugbaar geword het, was baie plaasmense van die omgewing taamlik op hul nerves. Dit was so erg, van die ouers die lockdown vir ’n “crocdown” verruil en hul kinders in die huis gehou.

Mense wat op die plaas en in die omgewing werk, was senuagtig toe hulle dié nuus hoor.

Gebyt

Son verneem by ’n plaaswerker wat verkies om anoniem te bly dat hulle sommer onmiddellik na die vermiste krokodille gesoek het.

Die krokke het vermoedelik met hul lang, skerp tande die draadomheining stukkend gebyt en toe weggeloop. Nog ’n anonieme werker sê hy het die stres op baie van die soekgeselskap se gesigte gesien. Dit is glo ook nie die eerste keer dat die krokodille uit hul hokke ontsnap het nie. ’n Gewese werker, Petrus Pretorius, het gister aan Son gesê hy het ook al voorspel dat die krokodille eendag weer sal ontsnap.

Volgens hom is dit ’n verskriklik gevaarlike job om met krokodille te werk. “Dit is die rede dat ek maar die job gelos het,” vertel Pretorius. Hy verduidelik baie mooi hoe dit werk wanneer ’n krokodil ontsnap en weer gevang moet word.

“Wanneer ons ’n krokodil gewaar, skok ons hom agter sy nek, dan pass hy uit. “Ons laai hom in ’n kis en laat hom dan weer in sy hok vry.” Gister het die cops na die oorblywende vermiste krokodille help soek. Selfs Son het die hoë risk gevat om saam met die soekgeselskap te beweeg. Daar was egter geen krokodil in sig nie.

Son kon egter tot naby die oorblywende krokodille se hokke gaan en ’n kiekie of twee kry. Rene Viljoen en Shane Siljeur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) was ook gister kliphard op soek na die krokodille. Siljeur sê hul job is om toe te sien dat wanneer ’n krokodil gevang word, dit presies op die korrekte manier gedoen word. Siljeur sê hulle was daar om te monitor dat alles op die regte wyse gedoen word. “Ons moet by die eienaar presies uitvind hoeveel krokodille ontsnap het en hoeveel reeds teruggevind is.”

Johan van der Merwe, die eienaar, wou Son gister nie te woord staan nie.

Lok

“Julle doen maar net jul job, maar ek kan ongelukkig niks sê nie. Julle is baie vriendelik,” sê hy.

Sers. SM Julies, polisiewoordvoerder, bevestig dat 25 krokodille teen Woensdagaand teruggevind was.

Julies sê Cape Nature het vanghokke met bait verskaf om die krokodille terug te lok. Son verneem een krokodil is gisteroggend gevang. Dis onduidelik hoeveel krokodille nog op die run is.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!