Circle City Info

Rondte Een aan Ramaphosa, Maar Magashule Weier om op te Gee!

Ace Magashule, die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, het die eerste rondtes in sy stryd teen Ramaphosa verloor na Cyril se aksies sterker was as wat verwag was. Dit blyk asof Ace die sondebok gaan wees.

Dit was seker vir Ace frustrerend om te hoor dat hy geskors is as sekretaris-generaal, en al wil hy teen die uitspraak appelleer, verwag almal  dat die appèlsaak dieselfde uitspraak sal lewer, omdat dit lyk asof Ramaphosa vasbeslote is om van Ace ontslae te raak, na hy verwoestende verdere stappe teen Ace geneem het, wat veroorsaak het dat die Uitvoerende Komitee optree en Ace ook uit die Komitee skors, en daarna ook nog vir hom beveel het om vir die land en Ramaphosa om verskoning te vra vir sy optrede.

Luister Hier:

Magashule is die skuld gegee dat hy eensydig kon aangaan om self te besluit, dat die president ook geskors of herroep is.

Daar was bespiegel dat Ace Magashule mettertyd weer êrens ‘n pos sal beklee, maar dat dit baie minder in senioriteit sou wees as wat hy tot dusver gewoond was, maar hy het intussen verklaar dat hy nie om verskoning sal vra vir sy twyfelagtige optrede nie, wat blykbaar sy kans verswak het om weer êrens ‘n vaste pos te kry.

Ernstiger optrede teen Ace kan verwag word as hy nie sy verskoning binne die vasgestelde tyd in die openbaar voorlê nie, wat dit moontlik maak dat Ace die sondebok gaan wees, om aandag van ander meer lojale oortreders weg te neem.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page