Circle City Info

SAAK VAN MOORD TEEN KROONSTAD-BOER LAAT VAAR

Die 37-jarige boer van Kroonstad, wat drie aanvallers, uit selfverdediging doodgeskiet het, is uit aanhouding vrygelaat, sonder dat hy in die hof verskyn het.

Pieter Swart se regsverteenwoordiger, advokaat Piet Pistorius sê die openbare vervolging het besluit dat daar geen bewyse is dat Swart die wet oortree het nie.

Die boer is Donderdagoggend deur ‘n groep verdagtes buite se plaashuis ingewag. Hulle het hom verskeie kere met messe aangeval. Swart kon daarin poog om sy vuurwapen in die hande te kry, waarna drie verdagtes doodgeskiet is.

Swart is na die voorval in die hospitaal opgeneem, waar hy onder polisiebewaking was.

Pistorius sê ‘n ander persoon het die afgelope naweek die polisie genader met inligting dat ses mense vir Swart wou beroof. Benewens die drie aanvallers, wat doodgeskiet is, is nog drie mense in hegtenis geneem.

Dié drie, twee mans en ‘n vrou was na bewering deel van ‘n bende, wat Swart wou aanval. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing