Circle City Info

SANGER SE KANKER DIAGNOSE SKOK…

Die sanger Theuns Jordaan, (49) se diagnose met Leukemie het sy aanhangers geskok toe die nuus gister bekend gemaak is.
Jordaan, is aldus n berig wat Netwerk24.com dra al ‘n geruime tyd siek en het reeds met Chemoterapie begin. Jordaan se kanker is in remissie. Daar word berig dat hy weer as “alles volgens plan verloop” die 28ste Desember sy volgende chemoterapiesessie sal ondergaan.
Mense soos Steve Hofmeyr het Jordaan sterkte toegewens op sosialemedia toe die nuus bekend geword het.
Foto – Theuns Jordaan.
Bronne – *Facebook *Netwerk24.com

Die nuutste oor Theuns Jordaan se kanker. Opdatering 17 Maart 2021

THEUNS JORDAAN VERBREEK DIE STILTE VANUIT HOSPITAAL…
 
Die afgelope paar dae was daar gerugte op sosiale media dat Theuns Jordaan (50), ’n terugslag met sy gesondheid gehad en dat hy in intensiewe sorg is.
 
Theuns is in September 2020 met leukemie gediagnoseer en het dadelik met chemoterapie-behandeling begin.
Hy het intussen ook ’n beenmurgoorplanting ondergaan.  Jordaan, het die volgende via ‘n media verklaring gestuur .  Hy skryf, “Ek is op die oomblik in die hospitaal op die skedule soos dit deur die mediese span beplan is. Alles gaan volgens plan sedert die beenmurgoorplanting wat op 5 Maart plaasgevind het. Dit is glad nie waar dat ek in intensiewe sorg is of ooit was nie. My dokter sê alles is normaal en te verwagte soos dit moet wees. Nietemin wil ek baie dankie sê vir almal se boodskappe, gebede en wense van beterskap. Ek waardeer dit opreg” het hy mee afgesluit.
 
Talle bekendes het op sosialemedia vir gebede vir Jordaan gevra. Daar was later vals berigte dat Jordaan in ‘n ICU behandel word. Sy duisende ondersteuners was uiters bekommerd oor die gerugte.
Welkom City Stad wens Jordaan ‘ n stil en rustige hersteltyd toe.
Bron: Overvaal Stereo Berig – I. Streicher.
*Foto – Theuns Jordaan.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page