Circle City Info

SOE ONDERSOEK BEWEERDE TENDERS AAN NAASBESTAANDES VAN GESONDHEIDSMINISTER

‘n Woordvoerder vir die departement van gesondheid, Kaizer Kganyango sê die bewerings het onlangs onder hul aandag gekom en sal ondersoek word.

Die spesiale ondersoekeenheid, die SOE, het ‘n amptelike klag ontvang oor tenders wat deur die gesondheidsdepartement aan persone naby aan die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, toegeken is.

‘n Kontrak ter waarde van R82-miljoen is glo aan ‘n klein KwaZulu-Natalse kommunikasie maatskappy, Digital Vibes, toegeken vir Covid-19 projekte.

Die maatskappy het van konsultasiedienste van Tahera Mather en Naadhira Mitha gebruik gemaak. Mather was vir ‘n geruime tyd Mkhize se persoonlike assistent terwyl Mitha ook noue bande met die minister het.

Digital Vibes het ook vroeër ‘n kontrak van die departement van samewerkende regering gekry tydens Mkhize se kort tydperk as minister van dié portefuelje.

Die SOE sê die ondersoek is van stapel laat loop nadat ‘n annonieme wenk ontvang is.

‘n Woordvoerder vir die departement van gesondheid, Kaizer Kganyango sê die bewerings het onlangs onder hul aandag gekom en sal ondersoek word.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page