Die hoof van die Wêreld Gesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het teleurstelling uitgespreek nadat lede van ‘n span wat die oorsprong van Covid-19 in die stad Wuhan wil ondersoek, toegang tot Sjina geweier is. Twee lede van die span was na Sjina onderweg, waarvan een teruggekeer het en een steeds in ‘n derde land is. Die WGO sê die probleem is dat hulle visums nog nie goedgekeur is nie, maar dat Sjina die versekering gegee het dat interne prosesse bespoedig sal word.
Die Sjinese regering het in Desember toestemming gegee dat ‘n span van tien lede Wuhan kan besoek vir die ondersoek, na talle maande van onderhandelinge met die WGO. Die virus is einde 2019 vir die eerste keer in Wuhan waargeneem. Die aanvanklike uitbreking word met ‘n mark in die stad verbind.
[ Bron: S.A.U.K. / Saamgetel deur Henca Morlé Kaapse Korrespondent / 6 Jan 2021