Circle City Info

TABAKBEDRYF WOEDEND OOR TOENAME IN ONWETTIGE SIGARETTE…

Batsa sê dat 74% van kleinhandelaars in Gauteng, die Wes-Kaap en die Vrystaat nou openlik onwettige sigarette verkoop.

Die British America Tabak-vereniging van Suid-Afrika, oftewel Batsa sê ‘n Ipsospeiling, wat in Maart gedoen is, het bevind dat 74% van kleinhandelaars in Gauteng, die Wes-Kaap en die Vrystaat nou openlik onwettige sigaretteverkoop.

Batsa sê rolspelers in die tabakbedryf is woedend omdat onwettige sigarette, volgens hulle die mark oorneem. Die tabakbedryf glo dat ‘n styging van 8% in tabakbelasting bydrae tot die verkoop van onwettige sigarette in die belangrike provinsies.
 
Volgens Batsa toon die Ipsos-peiling verder dat 7% méér kleinhandelaars onwettige sigarette verkoop as in Februarie. Volgens Batsa se woordvoerder, Johnny Moloto kos van hierdie sigarette so min soos R6 per pakkie van 20.

Hy sê alle tabak-maatskappy moet die inkomstediens se tabakbelasting-reëls gehoorsaam, wat beteken dat die minimumprys vir ‘n pakkie van 20 sigarette ten minste ongeveer R28 kan kos.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design and Digital Solutions
Welkom City Stad FB Page