’n 32-jarige vrou van Limpopo loop onder skerp kritiek deur nadat sy foto’s van haarself op Facebook gedeel het, waarin sy onder meer by ‘n kameelperd staan, wat sy doodgeskiet het en ook ‘n foto waar sy die kameelperd se hart in haar hand vashou.

Merelize van der Merwe het by die foto geskryf dat dit haar man, Gerhardt Nell se Valentynsdag-geskenk aan haar was om die kameelperd te kon doodskiet.
Die Daily Mail berig dat dit glo haar droom was om die dier te skiet en dat dit nagenoeg $2000 of sowat R29 000 gekos het.
Volgens die Daily Mail het Van der Merwe die 17 jaar oue kameelperd op 13 Februarie geskiet. Sy het verder gesê dat sy reeds sedert 2016 ‘n kameelperd gesoek het om te skiet.
Sy het egter op Facebook gesê dat dit alreeds talle kere bewys is dat jag volhoubaar is.
Talle petisies is ook sedertdien teen haar begin.