Circle City Info

Vrou van Welkom beroof by stad se stortingsterrein

Vrou van Welkom beroof by stad se stortingsterrein Susan Stokes, ‘n privaat vulliverwyderaar van Welkom het onlangs by Bronville-stortingsterrein tuinafval weggooi

Vrou van Welkom beroof by stad se stortingsterrein Susan Stokes, ‘n privaat vulliverwyderaar van Welkom het onlangs by Bronville-stortingsterrein tuinafval weggooi vir ‘n klant toe a groep mans alles wat ook op die sleepwa was [ wat nie bestem was vir die vullisterrein nie] beroof.

In ‘n video op NETWERK24 kan gehoor word hoe mevrou Stokes telkemale hard praat en vir die mans sê “ You are stealing my things…” Sy wou net die tuinvullis weggooi en dan daarna die ou wasmasjiene by ‘n skrootwerf in die stad aflaai. Sy en haar twee werkers kon sonder enige sukses die mans oorreed om nie die ou wasmasjiene ook af te laai nie.

Sy het heen en weer met haar selfoon geloop om die mans se gesigte af te neem. Party van die mans kan duidelik op die selfoon video gesien word. Sy vertel, dat die ou wasmasjien se waarde so R800 is maar dat sy die geld uit haar eie sak aan haar klant moes betaal vir die roof.

Die Bronville polisie moet nog ‘n verklaring by Mev. Stokes kom afneem. Die verwydering van van vullis en nog wat is mev. Stokes se enigste inkomste In ‘n ander voorval is werkers van nog ‘n privaat vullisverwyderaar ernstig beseer nadat hulle met bakstene bestook is. Die Halftree-bende is glo ook in die area doenig.

Besighede wat vullis daar stort wys ook daarop dat die munisipale veiligheidswagte wat by die terrein diens doen absoluut hulle nie steur aan die gebeure by die terrein nie Inwoners en besighede word gemaan om nie na die stortingsterrein te gaan om alleen vullis te verwyder nie.

Welkom City Stad FB Page Free State Correspondent

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page