Circle City Info

Vrystaatse Trokbestuurder Doodgekap in sy Kajuit

Sekondes nadat Du-nishia Merrick van Bloemfontein met haar verloofde, Koos Weideman (50), gesels het, is hy wreed vermoor.

Sekondes nadat Du-nishia Merrick van Bloemfontein met haar verloofde, Koos Weideman (50), op sy selfoon gesels het, is hy wreed vermoor in die kajuit van sy vragmotor by Verkeerdevlei in die Vrystaat, waar hy gereeld oorgeslaap het. Al wat geneem is, was kontant, sy foon en 8 wiele van die vragmotor af!

Koos, wat ook as die country sanger Koos Country bekend gestaan ​​het, was met ‘n vrag na Gauteng op pad en het op 10 Februarie 2021 in Bloemfontein met diesel volgemaak. Hy het toe stilgehou by ‘n vragmotorstop by Verkeerdevlei om te rus, van waar hy Du-nishia vra om hom 02:00 wakker te bel, sodat hy sy reis na Gauteng kon voortsit.

Du-nishia het aan Netwerk24 gesê dat Koos haar telefonies gegroet het en gesê het dat hy sy skoene gaan aantrek sodat hy kan begin bestuur. Sy het toe verder geslaap, maar was die oggend bekommerd toe sy geen boodskap van Koos sien om haar te laat weet waar hy is nie.

Sy sien toe ‘n FB-pos van die groep SA Long Distance Truckers dat ‘n vragmotorbestuurder naby Verkeerdevlei dood is. Verteenwoordigers van Trailord SA, die maatskappy waarvoor Koos gewerk het, het na Du-nishia gegaan om haar van die aaklige nuus te vertel.

Koos is met ‘n panga aangeval en volgens ‘n polisieverslag is hy dood na die eerste panga-hou aan sy kop. Hy is in die kajuit van sy vragmotor aangeval en sy selfoon, ‘n bietjie kontant en sakmes is vermis. Agt wiele is ook aan die linkerkant van sy vragmotor gesteel.

‘n Woordvoerder van die polisie het aan Netwerk24 gesê Koos het teen die deur van die vragmotor gelê toe die polisie hom kry. Hy was vol bloed.

Koos sal ter ruste gelê word in Bloemfontein waar die egpaar gewoon het. Hulle beplan om in Junie te trou en Du-nishia het gesê dat sy ‘n liedjie sal speel wat Koos vir haar tydens sy begrafnisdiens geskryf het. Koos laat ook 2 dogters agter, Kayle (14) en Miekie (24).

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page