Circle City Info

WESTDENE-BUSRAMP: 36 JAAR LATER

Een van Suid-Afrika se grootste tragedies het vandag – 36 jaar gelede – die Hoërskool Vorentoe in Johannesburg getref.

72 leerlinge was op pad huis toe na skool toe die geel dubbeldekkerbus oor die brug by die Westdene-dam ry en in die dam beland. 30 kinders kon daarin slaag om na die wal te swem, maar 42 is dood.

Die busramp het ook talle helde opgelewer – wat probeer het om skoolmaats uit die dam te red – baie van hulle is self dood.

Een so held was die 17-jarige Pieter Koen, wat vyf keer weer ingeduik het om vyf kinders te red. Die sesde keer, wat hy ingeduik het, het hy nie weer opgekom nie.

Die destydse staatspresident, P.W. Botha, het opdrag gegee dat diegene wat in buitenge­wone omstandighede ander se lewe daar by die Westdene­dam gered het vir hul dapper­heid beloon word.

Die 41-jarige busbestuurder, WP Horn is ernstig beseer in die ongeluk, maar het dit oorleef.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Sluit aan en kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Sign up for our newsletter to receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page