Circle City Info

WhatsApp – Aanvaar nuwe termes of verloor toegang.

WhatsApp het Donderdag sy nagenoeg twee miljard gebruikers gevra om nuwe termes en voorwaardes te aanvaar wat hulle in staat sal stel om meer inligting met Facebook te deel en advertensies en e-handel daarby in te sluit.

Die nuwe termes en voorwaardes het kritiek onder gebruikers uitgelok omdat hulle die bepalings moet aanvaar of toekyk hoe toegang tot die diens van 8 Februarie opgeskort word.

Facebook will WhatsApp ook gebruik om inkomste deur advertensie te verdien deur ondernemings toe te laat om sy klante via die platform te kontak en produkte selfs regstreeks aan hulle te verkoop.

Die nuwe termes en voorwaardes en die bywerking van bepalings is algemeen in die sosiale bedryf en ons gee gebruikers genoeg tyd om die veranderings, wat op 8 Februarie in werking tree, te aanvaar,” het ʼn woordvoerder van Facebook gesê.

Jy moet die nuwe nuwe termes en voorwaardes aanvaar as jy wil voortgaan om WhatsApp te gebruik.

Facebook het gese die nuwe termes en voorwaardes en bepalings gaan beteken WhatsApp kan bykomende inligting met Facebook en sy ander platforms soos Instagram en Messenger deel. Dit sluit in jou kontakte en profielinligting, maar nie die inhoud van boodskappe nie wat steeds geënkripteerd sal bly.

 

Sosiale Media kenners waarsku egter dat die bywerking dalk nie wettig is nie.

“As die enigste manier om die verandering te weier is om op te hou om WhatsApp te gebruik, word die toestemming afgedwing omdat die gebruik van persoonlike data onwettig is,” het Arthur Messaud, ʼn prokureur vir La Quadrature du Net, gesê.

Facebook is onder druk van owerhede terwyl hy probeer om sy dienste te integreer.

Die EU het reeds in 2014 die Amerikaanse sosialemediareus vroeër met sowat R2 miljard beboet omdat hy verkeerde en misleidende inligting oor sy 2014-oorname van WhatsApp verskaf het.

Federale en staatsreguleerders in die VSA het reeds n antitrustgeding teen die maatskappy aanhangig gemaak met die doel om Facebook te dwing om daarvan ontslae te raak. Die reguleerders het Facebook ook daarvan beskuldig dat hy sy verkryging van WhatsApp en Instagram gebruik om mededinging uit die weg te ruim.

Welkom City Stad Facebook Page korrespondente het ook rapporteer dat n hele nuwe klomp aansluitings op die diens Telegram opgemerk is, sluit aan by ons Telegram Groep  – 24/7 Alerts, News & Info – Powered By Welkom City/Stad FB Page & Circlecityinfo.co.za klier hier om aan te sluit.

Die boodskap diens Signal het ook gereageer op Twitter.

Kliek hier om WhatsApp se nuwe Termes en Voorwaardes te lees.

Saamgestel deur Henca Morlé Kaapse Korrespondent vir Welkom City/Stad FB BLAD 

Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Follow Us

Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
Website Design & Digital Marketing
error: Content is protected !!
Welkom City Stad FB Page