Circle City Info

ZIMBABWE WIL 500 OLIFANTE LAAT JAG.

Zimbabwe beplan om regte te verkoop om 500 olifante deur buitelandse jagters te laat skiet.

Die toerismebedryf verkeer onder geweldige druk en reisbeperkings wat deur verskeie lande ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te probeer beperk het tot ‘n verlies aan inkomste gelei.

Volgens Bloomberg sal dit tussen 10 000 en 70 000 Amerikaanse dollar kos om ‘n olifant te skiet afhangende van die dier se grootte.
Simiso Mlevu van die Sentrum vir Natuurlike Hulpbronne en Bestuur het die besluit veroordeel en gesê die regering se besluit is geneem weens gierigheid en het niks met bewaring te make nie.
 
‘n Woordvoerder vir die Zimbabwese toerismeraad, Tinashe Farawo het gesê hulle eet wat hulle doodmaak en dat die vleis nie gemors sal word nie.
Food Delivery Welkom
Food Delivery at your Doorstep

Jagters van die VSA, Meksiko, Rusland en die Europese Unie jag gewoonlik dié diere in Zimbabwe.

Sluit aan vir ons Welkom City Stad Facebook Bladsy Nuusbrief.

Subscribe to Welkom City Stad Facebook Page Newsletter.

Kry die jongste Goudveld nuus en inligting van Welkom City Stad Facebook Bladsy per epos.

Receive the latest Goldfields news and updates from Welkom City Stad Facebook Page.


Nou Praat Jy - Leave your Comments

Follow Us

Recent Posts

Pure Natural Oxygen
Website Design and Digital Solutions
Take-Aways.co.za
Disinfecting Services Goldfields Welkom
error: Content is protected !!